021 863 0048 hello@biutiful.co.za

Biutiful Aesthetic Centre in die Paarl het met Corlé Barnard en Adrienne du Plessis kragte saamgespan om aan Annalie en Mitzi ’n nuwe voorkoms te gee. Boonop een wat by die romantiese
Februariemaand pas.

Biutiful Aesthetics Centre is ’n unieke skoonheidskliniek wat individuele skoonheid vier. Onder andere glo hulle daaraan dat enigeen grasieus kan en moet verouder. Hul hoogsgekwalifiseerde personeel bevorder die vroulike estetika en gebruik produkte en behandelings wat dit beklemtoon.

Biutiful se wenke:
• Gebruik ’n wenkbrou-serum om haargroei te bevorder.
• Dra elke dag sonskerm op jou hande om sonvlekke te voorkom. Jou hande word, meer dikwels as wat jy dink, aan die son blootgestel. Dink maar waar hulle is wanneer jy motor bestuur …